Kol. Wellington Stephans, Paarl-Oos- polisie se stasiebevelvoerder, sê hulle het verlede week altesaam 46 mense op verskeie aanklagte in hegtenis geneem.
Geen ernstige misdade is aangemeld nie, en 24 van die mense wat aangekeer is, het reeds in die Paarl-landdroshof verskyn.
“Patrollies is in Chicago uitgevoer waar rooftogte veral in die oggend plaasvind. ’n Moontlike verdagte is in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn.
“Bewusmakingsveldtogte is ook in Chicago, Magnolia en Klein Nederburg gehou. Ons het gefokus op die misbruik van dwelms, drank en geslagsgebaseerde geweld.”
Stephans voeg by dat Paarl-Oos-polisie ook verlede week ’n vergadering ter voorbereiding vir Jeugmaand gehou het.
. Col Wellington Stephans, Paarl East police station commander, says they arrested a total of 46 people last week on various charges.




