Die Paarl-Oos-polisie het die afgelope naweek daarin geslaag om nóg ’n onwettige vuurwapen van die strate van dié woongebied te verwyder.

Kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie, sê ’n 27-jarige man is Saterdag (28 Januarie) in hegtenis geneem nadat hy in besit van ’n CZ 7.65-pistool, wat verlede jaar by die Paarl-Oos-polisie as gesteel aangemeld is, betrap is. Die man se inhegtenisneming was die gevolg van waardevolle inligting wat lede van die sigbarepolisiëringeenheid opgevolg het.

“Die polisie vermoed die verdagte was betrokke by ’n skietery wat op 23 Januarie in die vroeë oggendure op die hoek van Alexastraat en Symphonylaan plaasgevind het.”

Iemand is in die skietery in Groenheuwel in die bolyf geskiet. Die omstandighede rakende die voorval word nog ondersoek.

Intussen is die man aangekla weens die onwettige besit van ’n vuurwapen en poging tot moord. Hy het reeds hierdie week in die landdroshof in die Paarl verskyn.

  • The Paarl East police removed another illegal firearm from the streets.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article