Pniël Congregational kerk se basaar word Saterdag 1 April op die kerkplein gehou.
Die sierwa-parade beweeg van 08:30 af en die amptelike verrigtinge begin om 09:30.
Dié basaar is ’n geselligheid waarna almal op die dorp met groot afwagting uitsien. Dit is ’n geleentheid waar ou vriende weer ontmoet en te midde van groot opgewondenheid en bedrywighede tog die geleentheid sal hê om in die teetuin rustig te verkeer.
Besoekers kry toegang tot speletjies en ’n verskeidenheid produkte om van te kies.
Die plaasmark is gewoonlik ’n groot trekpleister.
Skakel die kerkkantoor by 021 885 1300 vir nog inligting.



