Die plaasseuns van Oakdale het Saterdag vir ’n wyle die manne in blou van Boishaai die skrik op die lyf gejaag in hul rugbykragmeting op Buco Brugstraat.
Maar die Paarliete het op die ou einde genoeg skietgoed gehad om die Riversdallers met ’n goeie 22-15 te klop.
By Wynberg Boys’ High het Paarl Gimnasium ook sy staal teen die skool gewys en met ’n indrukwekkende sege van 33-14 gewen.
Die beskikbare uitslae is:
o.19A:
HJS Paarl 22 (14), Landbouskool Oakdale 15 (5): HJS – Drieë: Jean-Claude Mars (heelagter), Divan Fuller (flank), Juan Smal (haker). Doelskoppe: Thurlon Williams (losskakel, 2). Strafdoel: Williams. OAKDALE – Drieë: Therlow Prins (heelagter), ’n strafdrie. Strafdoel: Kobus Janse van Rensburg (senter).
Wynberg 14 (0), Paarl Gimnasium 33 (12): GIMNASIUM – Drieë: Enrique Liedeman (skrumskakel, 2), Philip-Albert van Niekerk (senter), Luca Bakkes (haker), Keanu Coetsee (slot). Doelskoppe: Van Niekerk (4). WYNBERG – Drieë: Ryan Coetzer, A. Moos. Doelskoppe: Eli Mentz (losskakel, 2).
Ander uitslae:
HJS Paarl 19, Landbouskool Oakdale 0; Wynberg 7, Paarl Gim 64;
o.16A: HJS Paarl 11, Landbouskool Oakdale 20; Wynberg 28, Paarl Gim 12;
o.15A: HJS Paarl 19, Landbouskool Oakdale 12; Wynberg 15, Paarl Gim 26;
o.14A: HJS Paarl 33, Landbouskool Oakdale 5; Wynberg 5, Paarl Gim 33;




