Die Kaap se gunsteling-gesinsmusiekfees, Piekniek en Musiek – Nederburg Sessions, is op 19 November terug met hoofoptredes deur Kurt Darren, Robbie Wessels en Will Linley. Me and Mr Green en The Betsies sal die ondersteunende optredes wees. Piekniek en Musiek – Nederburg Sessions is ’n veelbesproke buitelugpiekniek-ervaring wat gewilde plaaslike musiekkunstenaars ten toon stel. Die fees is bekend daarvoor dat vertoning na vertoning uitverkoop. Hierdie konserte word op die skilderagtige plaas Nederburg in die Paarl gehou, met sy groen grasperke en skaduryke bome wat ’n sublieme middagpiekniek-musiekervaring bied. Die venue het ook ’n wonderlike kinderspeelgebied – perfek vir gesinne wat ’n middag in die buitelug wil geniet. Kaartjies is by www.ticketmaster.co.za beskikbaar teen R275 per persoon, of R150 per kind onder 12 jaar. Hekke open om 11:00 en die vertonings begin om 14:00. Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of om van die wye verskeidenheid kosstalletjies sowel as die kroeg gebruik te maak. Alkoholiese drank mag nie op die perseel gebring word nie, maar sal te koop beskikbaar wees.Foto:

Credit: SYSTEM

Piekniek en bobaas-musiek onder Nederburg se bome

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article