Die jaarlikse krieket-derby tussen Paulus Joubert Sekondêr en Noorder-Paarl Hoërskool het die afgelope Saterdag (1 Maart) by die Parys-velde plaasgevind. Hier is Paulus se o.19A meisie-krieketspan wat 90 / 1 in 10 boulbeurte aangeteken het. Paulus Joubert het vir Noorder-Paarl vir 20 lopies uitgeboul. Agter van links is Teshlynn Petersen, Rachel de Wee (afrigter), Ivean Grobbelaar, Deunique van Schoor, Winneecka Absalom (kaptein), Brooklyn Kalamdiem, Marsonique Solomons, Kaden Blaine en Juvaan August (spanbestuurder). Voor is Nazri Jacobs, Chanté Swarts, Amy van Rooyen, Althea Daniels en Raydean Booysen.


Paulus Joubert wen krieket-derby

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article