Pastore Mark Pietersen en John Phillips is dood na ‘n gru-ongeluk op die N1.


Twee pastore vanaf Paarl en Worcester, is dood na ’n gru-ongeluk Maandagaand naby die Hugenote-tonnel.

Die botsing het omstreeks 18:15 op die N1 tussen die tolhek en die tonnel gebeur. Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, sê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Sy sê twee voertuie – ’n Toyota Avanza en ’n Iveco (diens-voertuig van Hugenote-tonnel) het teen mekaar gebots. Du Plessis sê volgens ’n passasier in die Avanza het die bestuurder van die Iveco ’n U-draai voor die Avanza gemaak, waarna die voertuie mekaar getref het. Vier van die insittendes in die Avanza het ernstige beserings opgedoen, terwyl ’n vyfde aan sy beserings beswyk het.

Al vyf insittendes van die Avanza is pastore van die AME-kerk. 

Pastoor Mark Pietersen is op slag dood. Pastoor John Phillips is Dinsdag oorlede in Mediclinic Paarl.

Biskop David Daniels het sy medelye met die familie gedeel en het gemeentelede gevra om die betrokkenes en hul families in gebed te hou. 

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article