Inwoners kla dat ’n nuwe tendens ontstaan het waar misdadigers wat maskers dra, motoriste in Van der Stel-rylaan in Paarl-Oos teiken.
Maar volgens kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie, is geen sulke spesifieke sake nog by die Paarl-Oos-polisie aangemeld nie.
Hy sê egter die omgewing by Van der Stel-rylaan is wel ’n “brandpunt” vir misdade waar motoriste geteiken word.
Seekoei vra die gemeenskap moet waaksaam wees, veral vroeg in die aand en in die vroeë oggendure wanneer hulle daardie roete gebruik.
“Motoriste moet vermy om voetgangers vir aanwysings te vra of stil te hou om mense gedurende hierdie tye op of af te laai. Bêre alles wat waardevol is buite sig. Moenie gedurende hierdie tye daar op jou selfoon praat terwyl jy stap of wanneer jou voertuig stilstaan nie.”
- Residents complain about a new trend where criminals wearing masks target motorists in Van der Stel Drive.



