Scoop (bo) en die musikale duo Ang en Mona gaan Vrydag 10 Februarie om 18:30 gaste by die Bôrdienghuis-teater in Wellington vermaak. Scoop sal sonder twyfel gaste met sy stem, klavier en kitaar verras, terwyl Ang en Mona jou op jou wilde partytjie-voete met verskeie trefferliedjies sal dwing. Kaartjies kos R75 per persoon en kan bespreek word by 061 156 5386.


Partytjie-aand by Bôrdienghuis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article