Die Vryheidsfront Plus het ‘n klag gelê oor beweerde bedrog rondom spesiale stem-aansoeke in Drakenstein.



Die Vryheidsfront Plus vermoed dat daar na bewering gepeuter
is met die spesiale stem-aansoeke in Drakenstein. Di
é party se
burgemeesterskandidaat, Andr
é Fourie, het ‘n klag ingedien by die
Paarl-polisie.

In ‘n persverklaring wat uitgereik is deur die VF Plus het
die aansoeke vir spesiale stemme reeds op 4 Oktober gesluit. Volgens die party
het hulle inligting ontvang rondom “beweerde ongerymdhede” wat glo in Drakenstein
plaasvind in verband met die aansoeke. Spesiale stemme word uitgebring op
Saterdag (30 Oktober) en Sondag (31 Oktober).

“? Bewys hiervan is gevind toe die party se kandidaat vir
wyk 3, Rehan Kruger ondersoek gedoen het en met die bekendmaking van die
spesiale stemlys op 28 Oktober gevind het dat selfs sy eie naam op die lys is
van persone wat aansoek gedoen het om ? spesiale stem terwyl hyself nooit so ?
aansoek ingedien het nie. Wyk 3 bestaan hoofsaaklik uit ? landelike gemeenskap.

“Die lys toon aan dat 1 092 geregistreerde kiesers uit ?
totaal van 1 110 in wyk 3 aansoek gedoen het om ? spesiale stem uit te bring.
Dit verteenwoordig 98,38% van die kiesers. Benewens die feit dat mnr. Kruger
nie aansoek gedoen het om ? spesiale stem uit te bring nie, is dit duidelik dat
daar ernstige ongerymdhede rondom die lys bestaan en dat daar duidelik met die
spesiale stem-aansoeke gepeuter is,” lui die verklaring.

Volgens die party is hulle bewus van moontlike soortgelyke
ongerymdhede in ander wyke en is hulle tans besig met ‘n indiepte ondersoek. VF
Plus voeg by dat hulle die Verkiesingskommissie in Drakenstein en die betrokke
munisipale kiesbeampte ingelig en genader het vir kommentaar, maar het geen
terugvoering ontvang nie. Die klag is kort daarna ingedien oor hul vermoedens
rondom moontlike bedrog.

“Die VF Plus is bekommerd oor die omvang van hierdie
moontlik bedrogspul en sal aanhou om dit te ondersoek om dit tot op die been
oop te vlek.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article