Ter illustrasie. Foto: Unsplash


Die plaaslike brandweerdienste in die Paarl het vanoggend (20 Januarie) hul hande vol gehad nadat ’n lekkasie van ’n gevaarlike stof in die industriële gebied in Dal Josafat aangemeld is.

Jacqui Sampson, Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van beplanning en ontwikkeling, het dié voorval, op die hoek van Oosterland- en Driebergenstraat, bevestig.

Die gebied is kort na die voorval afgesper en personeellede wat op die terrein was is ook onmiddellik ontruim.

Die gevaarlike stof is in tussen opgeruim en veilig weggedoen. Die oorsaak van die lekkasie word tans ondersoek.

“Die munisipaliteit se omgewingsbestuurafdeling sal ook die voorval ondersoek om die omvang van enige moontlike skade aan die omgewing te bepaal,” sê Sampson. “Indien daar wel enige skade is, sal die nodige aanmeldingsprosedures aan die provinsiale departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning gevolg word.”

Geen beserings is tydens die voorval aangemeld nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article