Jy gaan gewis nie ’n vrot pampoen of ’n stukkende skoen by die spog-landgoed Babylonstoren in Simondium aantref nie. Iets wat jy wel sal aantref, is ’n wonderbaarlike tentoonstelling van ’n oorvloed van meer as 30 pampoensoorte in elke denkbare vorm en grootte, wat tans in die Pofadder-gebied van die landgoed uitgestal word. Al die pampoene kom uit Babylonstoren se tuin vir eetbare produkte. Links pronk Darryl Combrinck, Babylonstoren se tuinier, tussen van die plaas se pampoene. Die pampoenuitstalling duur tot volgende week. Die ingangsfooi by die plaas is R10 vir kinders (onder 12 jaar) en R20 vir volwassenes.
Pampoen se kind
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.