Paarlzicht Primêr het onlangs sy sportdag aangebied, waar verskeie skole soos Orleansvale Primêr, New Orleans Primêr en Ebenezer Primêr deelgeneem het. Paarlzicht se o.13- en o.11-seuns-sewesrugbyspanne was die wenners van die dag. Bo is Diano Abelse in een van sy stormlopies in aksie. Paarlzicht bedank almal vir hul wonderlike ondersteuning.


Paarlzicht oorheers sportdag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article