“Ek voel inderdaad trots op my 150ste bloedskenking, ’n onbaatsugtige diens om ander te help.” Só spog die getroue bloedskenker Alexander Fischer. “Ek skenk nou gereeld op die eerste Donderdag ná die tweemaandeherstelperiode by die Toringkerk-saal in die Paarl. By die vorige skenkingsperseel langs die Protea-teater, wat nou as kerk gebruik word, was ’n skenkingsboks vir bottelproppies wat deur die Smile Foundation ingesamel en gebruik word om te help met vaardigheidsontwikkeling en om toerusting aan te skaf vir plastiese en rekonstruktiewe chirurgie vir kinders met behandelbare gesigafwykings.” Hiervoor het Fischer ook bydraes gelewer. “My toewyding van hulp aan ander, waar ek kan, help my om steeds voort te gaan om my versameling bottelproppies te bring elke keer as ek kom skenk, al is die kollekteboks nie meer daar nie. My boodskap aan almal – nie net dié wat ’n goeie daad wil doen om ander te help nie, maar bang is vir naalde – is: Besweer jou vrese en verbreed jou kennis oor bloedskenking.” Sien bladsy 19 vir besonderhede oor hoe om in die Paarl bloed te skenk.Foto:
Paarliet skenk bloed die 150ste keer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.