Die Paarl-Wes Polisiëringsforum (GPF) nooi hiermee alle gemeenskapslede, buurtwagte en organisasies sonder winsoogmerk uit na ’n spesiale algemene vergadering wat gehou sal word op Donderdag 27 Julie by Laerskool WA Joubert se saal om 18:30.
Die doel van die vergadering is om gemeenskapslede in vakante poste aan te stel.
Vir nadere besonderhede, skakel gerus vir kapt. Louise du Plessis by 082 850 9614.

