Die jongste openbare eiendomme in die Paarl, wat die Drakenstein-munisipaliteit beoog om aan geskikte kandidate te verhuur, is die Parys-sportterrein asook ’n gedeelte van die Paarl-arboretum.

Hierdie is deel van die munisipaliteit se planne om sowat 60 munisipale erwe in Paarl, Paarl-Oos en Wellington in die volgende paar jaar te verkoop of te verhuur.

Die onderskeie erwe is in die nywerheidsgebied sowel as in woongebiede geleë.

Die munisipaliteit het onlangs advertensies geplaas vir die vervreemding van die De Poort-terrein in Suider-Paarl, ’n gedeelte van die Paarl-arboretum asook die Parys-sportterrein.

Volgens die munisipaliteit is die doel van die verhuring van die suidelike gedeelte van die Arboretum om belangstellendes te lok vir die ontwikkeling van ’n multifunksionele aktiewe, avontuurspeel- of ander ontspanningsruimte van die Paarl-arboretum.

Die huurtydperk sal oor tot 10 jaar strek.

Die huurbedrag is nog nie bekend gemaak nie.

Die verhuring van die Parys-sportterrein is ook van belang en het die vraag onder belangstellendes laat ontstaan of dit nou die weg na ’n waterfront-ontwikkeling baan.

In die munisipale advertensie hieroor word genoem dat die doel van die langtermyn-verhuring van die terrein vir die plaaslike ekonomie en ontwikkeling is, ten einde die ontwikkeling van die “Bergrivierfront-terrein” te fasiliteer tot ’n geïntegreerde en multifunksionele ruimte wat die hele Drakenstein-gebied bedien, en bied ’n geïntegreerde fasiliteit wat ’n verskeidenheid sport-, toerisme-, ontspannings-, nywerheids- en woongebied-geleenthede insluit.

Jacqui Samson, direkteur van beplanning en ontwikkeling by die Drakenstein-munisipaliteit, het bevestig die terrein kan beskikbaar gestel word vir ’n langtermyn-huurkontrak om ’n geïntegreerde ontwikkeling te fasiliteer wat sport-, toerisme-, ontspannings-, nywerheids- en woongebied-geleenthede insluit.

Die voorgestelde huurtydperk is 50 jaar met die opsie om dit vir ’n verdere 10 jaar te hernu.

In 2010, toe Paarl as ’n gasheerdorp vir die Wêreldbekersokker opgetree het, is al beoog om die Parys-sportterrein as plaaslike waterfront te ontwikkel.

Maar omdat die terrein as openbare en erfenisgebied vir die hele gemeenskap van die Paarl geag word, het die debakel tot in die hof gelei, waar dit ook ’n stille dood gesterf het – tot nou . . .. The Drakenstein Municipality will in the next few years be leasing out or selling various of its prime properties in the area. Some of these will be causing huge interest such as De Poort, the Arboretum as well as the Parys Sports Field.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article