’n Fees van skoleatletiek het verlede week by die Daljosafat-stadion in die Paarl plaasgevind toe van die topskole mekaar in die Prestige-atletiekbyeenkoms, die voorste skole-atletiekbyeenkoms in die Wynlande, op die atletiekbaan aangedurf het.
Talle rekords het op die dag gespat en aan die einde van die byeenkoms is die Hoër Jongenskool Paarl en Hoër Meisieskool as kampioen vir vanjaar aangewys.
Die puntetellings was as volg: . HJS/HMS 950 . Paarl Gimnasium 828 . Bloemhof/Paul Roos 733.





