Die Paarl-rugbyklub vier vanjaar sy 140ste bestaansjaar en speel op 7 Oktober ’n feeswedstryd teen Young Standards op die Boy Louw-velde in die Paarl. Wedstryde begin om 14:00 met bo-40-veteraan-spanne op die veld.
Paarl Rugbyklub en Young Standards het oor die jare ’n goeie verhouding opgebou en verskeie oudspelers het vir beide klubs gespeel.
Verskeie items sal opdie program wees, waaronder ’n dans deur Young Standards se pompom-meisies, asook die sing van die klubliedere wat uit die 1890’s dateer.
Verversings sal deurentyd te koop wees.
Die dag word in die klubhuis afgesluit waar die Rugbywêreldbeker op televisie vertoon sal word en verskeie pryse uitgedeel sal word.



