Die Paarl-Oos-polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle in ’n geregtelike doodsondersoek te help.
Kapt. Anthony Sauls, ’n woordvoerder vir die Paarl-Oos polisie, sê die halfnaakte lyk van ’n kleurlingman is Maandagoggend (31 Julie) omstreeks 06:55 agter TC Newman-daghospitaal in Charleston Hill gevind.
Die oorledene se identiteit is nog onbekend aan die speurders wat die saak ondersoek.
Indien enige lid van die gemeenskap kan help om die oorledene te identifiseer, word hulle gevra om die Paarl-Oos-polisie dringend by 021 877 5908 te kontak.




