Flink beamptes verbonde aan die Paarl-Oos-polisie het twee verdagtes, wat in besit van gesteelde goedere goedere was, Donderdag (9 Oktober) vasgetrek.

Kapt. Basil Seekoei, ‘n woordvoerder vir die Paarl-Oos-polisie, het bevestig dat twee mense van onderskeidelik 16 jaar en 24 jaar oud in hegtenis geneem is.

Volgens Seekoei het polisiebeamptes inligting oor die twee verdagtes wat met die goedere in ‘n begraafplaas in die Paarl-Oos gebied geloop het, opgevolg.

“Met die [beamptes] se aankoms [by die begraafplaas] het die verdagtes van die toneel af gevlug en die polisielede het die twee te voet agternagesit. Albei [verdagtes] is in hegtenis geneem en elektriese toerusting en koperdraad is teruggevind. Polisielede het verdere inligting opgevolg en dit is vasgestel dat die twee verdagtes by ‘n sakeperseel in die Paarl-polisiegebied ingebreek het.”

Die koperdraad waarop die Paarl-Oos-polisie beslag gelê het

Die twee sal in die Paarl-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is.

In tussen duur die polisie-ondersoek voort.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article