Die Paarl-krieketklub (KK) het sy junior program met ’n o.11- en o.13-wedstryd die afgelope Donderdag (21 Maart) op die Parysvelde van stapel gestuur. Dit is opgevolg met ’n o.19-wedstryd teen ’n Boland-o.19-uitnodigingspan. Die afrigters, Merwe Genis, Lynal Jansen en Wesley Euley, was baie in hul skik met die vertonings en hulle beplan groot dinge vir die nuwe seisoen. Paarl-KK se voorsitter, Garron Arendse, sê hierdie inisiatief is deel van die klub se langtermynplanne en bied die klub se toekomstige spelers die geleentheid om ervaring op te doen. Manfred de Kock, die klub se huidige afrigter en ’n voormalige Boland-speler, het as o.13-speler by die klub sy tande geslyp in die geselskap van bekende spelers soos Charl Langeveldt, Zurich Muller en Marco Walters.


Paarl-krieketklub begin junior program

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article