Hottentots Holland Cricket Club’s first team claimed a seven-wicket victory on the road against St Augustine’s CC.


Die eerste reeks in Boland Krieket se T20-gemeenskapsbeker-kompetisie het Saterdag groot belangstelling gelok, met Paarl Krieketkkub wat Paarl-Oos op die New Orleans-velde oortuigend met 20 lopies geklop het.

Paarl se aanvangskolwer, JJ van der Sandt (32 in 17 balle, 4×4, 2×6), het sy span vroeë momentum gegee met sy 48 lopie-vennootskap met Darryl Hendricks (17). Die res van die kolwers moes wal gooi teen Jevano Baron (4-0-44-3), Casey Botha (4-0-30-2) en Fernell Pietersen (4-0-24-2).

Waylain September (14), Adrian Du Toit (17), Javier Vissr (16) en Herschell Poggenpoel (20) het egter vasgeskop en Paarl se kolfdiepte het gesorg dat hulle 155/9 in 20 boulbeurte kry.

Paarl se betroubare draaikombinasie het weer eens die deurslag gegee, toe Du Toit (4-0-8-2) en September (4-0-22-2) die tuisspan oorheers het. Paarl-Oos (135/8) was nooit ’n bedreiging nie, ten spyte van Ashley Nathan (31, 2×4, 1×6), Baron (32, 3×4, 1×6) en Jevondre Jacobs (31, 3×4, 2×6) se kolfwerk.

Vroeër in die dag het Paarl se tweede span ook gemaklik met Paarl-Oos II afgereken. Paarl se 182/4 in 20 boulbeurte was te danke aan Jaywin Solomons (35, 3×6), Dian Van Der Westhuizen (56, 5×4, 3×6) en Keegan Davids (47, 6×6). Davids het gewys dat hy die langsteel kan inlê, terwyl Van der Westhuizen ook bestem is vir groot dinge. Die tweedepaaltjie-vennootskap (83) deur Solomons en Van der Westhuizen, gevolg deur ’n derdepaaltjie-vennootskap (63) deur Van der Westhuizen en Davids, het Paarl-Oos geknak. Milton Mackier (4-0-14-3) en Henrico Albertus (3-0-18-3) het vir Paarl met die bal uitgeblink. Die tuisspan is uitgeboul vir 86, met ’n bonuspunt.

Alhoewel Paarl se derde span op die Parys-krieketveld teen Saron vasgeval het, het dié span gewys dat hy nog vanjaar sy stem dik gaan maak. In hul debuut-wedstryd vir Paarl, het Riaan Nieuwoudt (6 paaltjies), Tyler Ladous (50) en Jacques Hutton (53) hul stempel afgedruk.

Paarl III speel Saterdag weg teen Porterville, terwyl die ander spanne ’n loslootjie het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article