Plaaslike skole het die afgelope langnaweek hul staal by die grootste skolerugbytoernooi in die land, die ABSA-Wildeklawer-skoletoernooi in Kimberley, gewys.
Die Hoër Jongenskool Paarl en Paarl Gimnasium het elk rugbyoorwinnings by die Wildeklawerfees behaal.
Boland Landbouskool kan ook trots wees op sy vertoning by Wildeklawer.
Uitslae:
Hoër Jongenskool Paarl 35-13 Glenwood; Boland Landbou 26-37 Monnas; Hoërskool Gimnasium 25-14 Helpmekaar; Paarl Gimnasium 19-5 Monnas; Hoër Jongenskool Paarl 15-10 Helpmekaar; Boland Landbou 27-5 Diamantveld.




