Altesaam 14 van die Hoërskool Gimnasium Paarl se swemmers het in die afgelope skoolvakansie aan die WP-swemkampioenskap deelgeneem. Hulle het die skool se naam hoog gehou en altesaam drie goue medaljes, vyf silwermedaljes en tien bronsmedaljes verower. Agter van links staan Ruben Engelbrecht, Luné van den Berg, Mischa King, Jo-Ell Viljoen en Stéphen Viljoen. In die middel is Soleil Greyling, Christian Rosslee, Hanco Vermeulen en Steffen Schreuder. Voor staan Anné Sabbagha, Kara Cilliers, Jady Theron, Jani Borman en Carine Röntgen.
Credit: SYSTEM
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.