Paarl Gorls’High school hosted …………. netball tournament over the past week. …… schools from across the country took part in high and junior school netball.Foto:

Credit: SYSTEM

Opwindende netbalaksie was die afgelope week aan die orde van die dag met die Sportsman’s Warehouse- HMS-netbaltoernooi by die Hoër Meisieskool in die Paarl.

Altesaam 59 netbalspanne van so ver as die Oos-Kaap het deelgeneem en netbal uit die boonste rakke opgedis. Selfs die week se reënweer kon nie die geesdrif van die spelers en toeskouers demp nie.

Die Hoërskool Gimnasium Paarl was die wenners van die o.18-afdeling, met HMS tweede, HS Duineveld derde en HMS Bloemhof vierde. HS Durbanville en HMS La Rochelle het hulle aan die toernooi onttrek. Baie geluk aan Paarl Gim wat die toernooi gewen het!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article