Die jaarlikse Paarl-feesmark word vanjaar van 21 November tot 3 Desember in die Paarl-stadsaal aangebied.
Besoekers aan die gewilde mark kan uitsien na ’n verskeidenheid stalletjies wat onder meer produkte soos juwele, decor, speelgoed, klere, houtwerk, lekkernye en vele meer verkoop.
Die mark is weeksdae van 09:30 tot 19:30 en Saterdae van 09:00 tot 15:00 oop.




