Nog ’n plaas in die Paarl word vir behuising ontwikkel. Die jongste ontwikkeling geskied op die plaas Picardie, reg langs die historiese Laborie-wynlandgoed. Dié projek is deel van talle behuisingsontwikkelings wat tans in die vallei geskied, veral in Paarl-Suid. Die burgemeester, Stephen Korabie, het onlangs in sy begrotingstoespraak gesê altesaam 1 420 goedkeurings vir bouprojekte is vir die tydperk van 1 Julie 2023 tot op datum toegestaan. Vir die 2023-’24-boekjaar is grondgebruik-ontwikkelingsregte aan altesaam 1 291 nuwe residensiële bouprojekte, 20 702 m² nuwe kommersiële ontwikkelings en 1 040 m² nuwe nywerheidsontwikkelings toegeken. Buiten hierdie goedkeurings word aansoeke om grondgebruikregte vir nog altesaam 1 679 nuwe residensiële bouprojekte, 24 659 m² nuwe kommersiële ontwikkelings en 44 679 m² nuwe nywerheidsontwikkelings tans verwerk. Foto: Lise Beyers
Paarl brei uit
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.