Skielik word die Bergrivier-boulevard, Oosbosstraat verby Hugenote-verbypad na Dal Josafat-stadion skoongemaak, sypaadjies opgeknap en verkeerslyne oorgeverf. Werkers werk oortyd. Vrydag met die besoek van die president, Cyril Ramaphosa, vind jy vroeg twee rye munisipale voertuie op bystand by Dal Josafat-stadion. Dit is reg so, niks minder moes gebeur nie. Die burge-meester kan maar die president en sy gevolg wol om die oë draai, maar vertel tog die kiesers en belastingbetalers in Drakenstein wat die motief was. Slegs drie straatblokke verder in Symphony-laan voor Groenheuwel Laerskool waar u fluks stemme werf en heelwat van die raadslede woon, lê hope vullis en mense woon in haglike omstandighede. Verder in die dorp lê mense onder brûe soos in Markstraat en Cecelia-straat.
U onderrok as burgemeester hang uit en die kiesers het dit gesien! Graag verneem ons van u of die president weer voor die verkiesing besoek moet kom aflê? Anders weet ons nie hoe die kiesers oortuig gaan wees om te stem nie.




