Paarlse skole het die afgelope naweek die land gewys hulle het uitmuntende atlete.
Die 2022-Twizza-Superskolereeks se nasionale eindronde het Saterdag (19 Februarie) ’n indrukwekkende altesaam 77 spanne van 59 skole by die Ruimsig-atletiekstadion in Roodepoort ingesluit wat mekaar die stryd aangesê het.
Hoërskool Paarl Gimnasium het ware Gimmie-guts gewys en die seuns was algeheel sewende in hul afdeling. In die gemengde-skole-afdeling, waar 77 skole deelgeneem het, was hulle sesde.
Hoër Jongenskool was op sy beurt negende uit 39 spanne in die seunsafdeling. Boland Landbou was 17de.
In die meisiesafdeling was die Hoër Meisieskool Paarl agste, HMS La Rochele negende en Gimnasium se meisies 14de.
Hoërskool Menlopark was ’n krag om mee rekening te hou en het goud in al drie afdelings van die kompetisie gewen – seuns-, meisies- en gekombineerde skole.





