Die brand teen die hange van Paardeberg is nog nie geblus nie.

KWDM

Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KDWM) se
brandweerdienste, sy vennote insluitend Winelands Fire Protection Association (FPA)
en gekontrakteerde dienste doen sedert Woensdagmiddag aktiewe
brandbestryding teen die hange van Paardeberg.

Die brand, wat deur digte 20 jaar oue plantegroei brand, is
nog nie onder beheer nie.

Brandbestrydingsaktiwiteite het deur die nag in winderige
toestande voortgegaan. Daar was nege brandbestrydingsvoertuie met bemanning van
KWDM Brandweerdienste sowel as ses brandbestrydingsvoertuie met bemanning van
Weskus Distriksmunisipaliteit, ondersteun deur drie grondspanne op die toneel.
Die plaaslike munisipaliteite, Swartland- en Drakenstein-munisipaliteit het elk
twee brandbestrydingsvoertuie met bemanning gestuur om deur die nag met
struktuurbeskerming te ondersteun.

Daar was geen verlies aan eiendomme nie.

‘n Vlug sal vanoggend geneem word om die
brandbestrydingstrategie vir die dag te bepaal en vars spanne sal oorneem.

Geen beserings is aangemeld nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article