Migail van Huyssteen van Hoërskool Gimnasium Paarl het onlangs aan die Twizza Atletiek Suid-Afrika Junior Kampioenskap deelgeneem en die seuns o.18-paalspring-item met ’n persoonlike beste hoogte van 4,71 meter gewen. Hierdie is tans die tweede beste hoogte in die wêreld in die o.18-afdeling. Migail is die jongste naam op die lang lys SA kampioene wat van Paarl Gim kom. Saam met Migail is Ockert Brits, ’n voormalige SA paalspringkampioen.
Paalspringer die kampioen
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.