Ek wil net ’n beroep doen op ouers om vanjaar vroegtydig aansoek te doen vir hul kinders vir die 2024-skooljaar.
Elke jaar word daar gekla dat die kinders nie by skole aanvaar word nie en dat die onderwysdepartement nie genoeg doen vir ons kinders nie.
Persoonlik voel ek die WKOD doen meer as genoeg om te verseker dat elke kind ’n plekkie in ’n skool kry. Laat aansoeke maak dit baie moeilik vir hulle om te verseker dat elke kind aan die begin van die skooljaar ’n plek het.
Sit vir eers weg die onbelangrike goed wat julle besig hou en doen aansoek.

