Luxolo Tariq Soko (voor, tweede van regs), 2021 se hoofseun van Hoërskool Desmond Tutu in Mbekweni, het op 9 Augustus aan die huis van die gasvrou Elsibe Loubser McGuffog ’n toespraak gelewer oor liefde en selfaanvaarding. Daar was heerlike weggeegeskenke, onder meer handgemaakte produkte, dagboeke, boetiekklere van Pretty Lovely in De Villiersstraat sowel as ’n kopie van die boek The Widow’s Room, wat die storie vertel van hoe weduwees in swart kultuur in Suid-Afrika dikwels onder die samelewing se stereotipe sienings ly. Die boek word deur Lukhanyo uitgegee en is ook by Takealot beskikbaar.


Oud-hoofseun bring vreugde op Vrouedag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article