Die Oud-Gimmie-leerder en internasionale gholfspeler Dawie van der Walt is onlangs by sy oud-universiteit in die VSA in hul Cardinals Hall of Honour vir sy bydraes aan die universiteit vereer. Bo is Dawie by die ere-geleentheid saam met sy vrou, Bobbie-Jo, en hul dogters Mia en Allie. Foto:


Dawie van der Walt, ’n oud-leerder van die Hoërskool Paarl Gimnasium, is onlangs deur sy voormalige universiteit vereer.

Dawie was op hoërskool die nommer-twee-amateur-gholfspeler in Suid-Afrika. Hy het aan verskeie toernooie deelgeneem, insluitend die Suid-Afrikaanse Amateur- en die Britse Amateur-toernooi.

Hy is ná sy studies aan Lamar University in die VSA as die Southland Conference Freshman of the Year benoem en het verskeie medaljes gewen.

Hy het die kwarteind­ronde van die 105de US Amateur op die legenda­riese Merion Golf Club bereik en in baie amateurtoernooie in die top-20 geëindig.

Hy het in 2007 professioneel geword en sedertdien verskeie top-20-plekke behaal.

Dawie het op die Sunshine Tour en die Amerikaanse mini-toernooie gespeel, waar hy tussen 2008 en 2011 vier mini-toernooie gewen het. In 2013 het hy die Sunshine Tour se “orde van meriete”-toekenning gewen.

Tans speel hy op die PGA Tour en het twee keer op die Europese Tour gewen – die 2013- Tshwane Open en die Nelson Mandela-kampioenskap.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article