Die Faure & Faure Inc.-prokureur Otto Low (sit tweede van links) is verlede week deur die prokureursfirma vir sy 33 jaar diens daar vereer. Low het sy BA-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal en sy B Iuris deur Unisa. Hy het sy diploma in belastingpraktyk deur die Randse Afrikaanse Universiteit voltooi en is in 1972 as prokureur toegelaat. Hy het in 1989 by die Faure & Faure-span aangesluit. Oor die jare heen het sy toewyding en aandag aan detail bygedra tot die groei van dié geskiedkundige Paarlse firma. Dit was sy passie om jong prokureurs, veral aktebesorgers, te ontwikkel en hy het hulle die geleentheid gebied om hul unieke gawes en talente te ontdek. Bo is Low saam met die Faure & Faure-regspan en kliënte by die geselligheid.Foto:


Otto Low vereer vir 33 jaar diens aan Faure & Faure

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article