Die bekende orrelis Winand Grundling (bo) en die akteur Johann Nel gaan die gehoor met ’n besonderse opvoering by die NG Kerk Paarl-Vallei betoor. Foto:

Credit: Picasa

Winand Grundling, ’n bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, en die geliefde akteur en stemkunstenaar Johann Nel tree Sondag 18 Augustus om 17:00 in die NG Kerk Paarl-Vallei in die produksie Aanskou die mens op.

Winand improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, die atoombomaanval op Hirosjima, die maanlanding, die eerste hartoorplanting, die dood van prinses Diana, die gebeure van 9/11, die Covid-19-pandemie en die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning in 2023.

Johann dra die destydse brekende nuus van die spesifieke gebeurtenis voor en verskaf interessante en relevante inligting, terwyl bekende en verrassende temas op die orrel geïmproviseer word. Dié kombinasie lei tot ’n intense en emosionele musiekreis deur ons onlangse geskiedenis, wat ook die orrel se relevantheid as ’n “kommentator” op groot nuusgebeure beklemtoon.

’n Wye reeks musiek word ingesluit – van klassiek tot kontemporêr. Die teks is geskryf deur die skrywer, joernalis en TV-aanbieder Erns Grundling, wat ook die produksie vervaardig. Aanskou die mens het sy buiging in Maart vanjaar by die KKNK gemaak.

Kaartjies kos R200 op Quicket of by die deur.

Die geleentheid is ten doel van ’n geldinsameling vir ACVV Paarl-Vallei.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article