Die lug het gister en eergister baie vreemd gelyk. Die bedompige en bewolkte lug en bloedrooi son asook die volmaan het inwoners in die Kaapse Wynlande tot so ver as Melkbosstrand en Touwsrivier laat wonder oor ’n groot brand wat dalk woed.

Met gisteroggend se sonsopkoms was die omgewing immers steeds dieselfde onheilspellende kleur, wat my laat dink het aan apokaliptiese rolprente soos Armageddon en Zombieland.

Die gedagte het toe by my opgekom dat vandag dalk die dag is wat die planeet genoeg van die mensdom gehad het en ons uit die weg wil ruim om plek te maak vir ’n meer vreedsame omgewing.

Ek het toe by my kombuis ingeloop en besluit – as ek dan moet gaan, sal dit met ’n glas rooiwyn wees, en vir die res van die aand met vrede daaraan gesmul.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article