Die reënbui wat verlede Woensdag (23 Maart) skielik uitgesak het, het oorstromings in dele van Paarl-Oos veroorsaak.
Inwoners van Amstelhof het twee video’s op sosiale media gedeel van die oorstromings wat afsonderlik in Jan Groentjiestraat en Bokmakieriestraat geneem is. Oorstromings is ook in Swaweltjiestraat en Annie Benjaminstraat aangemeld.
Van die inwoners beweer ’n toegeboude drein is die oorsaak van die oorstromings in Jan Groentjiestraat. Water het ook voor wonings in Klein Drakenstein-weg opgedam.
Marius Wüst, uitvoerende direkteur vir ingenieursdienste in Drakenstein, het by navraag gesê hulle het ondersoek rakende die “toegeboude drein” gaan instel.
“Die Drakenstein-munisipaliteit het weer gaan ondersoek instel en dit is nie duidelik na welke drein hier verwys word nie.
“Ons het in werklikheid vroeër ’n bykomende drein in hierdie straat gebou. Dit sal waardeer word indien die spesifieke posisie uitgewys kan word sodat ons dit kan opvolg,” het Wüst laat weet.. The rainstorm that suddenly erupted last Wednesday (23 March) caused floods in parts of Paarl East.





