Hoe gereed was die Drakenstein-munisipaliteit vir die afgelope week se vloede? Wel, gebaseer op ooglopende opmerkings, nie baie gereed nie.

Eerstens, met al die weervoorspellingstegnologie en weerwaarskuwings wat voor die swaar reëns beskikbaar was, is daar geensins waarskuwings deur die Drakenstein-munisipaliteit vooraf uitgereik nie.

En toe die hemele se sluise oopgemaak het, was dit chaos!

Ek weet van mense wat Woensdagoggend (14 Mei) tot twee ure lank in Paarlse verkeer vasgekeer was toe die hemele oopmaak en dié strome water uitsak. Later die dag was die verkeersligte vanaf sentraal-Paarl tot doer in Noorder-Paarl af en gevolglik is die verkeer weer eens tot stilstand gebring.

Plus die feit dat paaie (wat keer op keer en jaar ná jaar verspoel) weens verstopte stormwaterdreine, ens. weer onder water was en paaie is dus onnodig gesluit. Eers toe die vloedwaters hoog staan, word munisipale werkers uitgestuur om die dreine te diens. Dit is duidelik dat die munisipaliteit se rampbestuur absoluut onvoldoende is.


Anoniem,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article