Oom Izak van Noordwyk het sy 80ste verjaarsdag Vrydag (4 Augustus) gevier. Hy is ’n aktiewe lid van die Paarl-gemeenskap en is by verskeie organisasies in die gemeenskap betrokke. Oom Izak ken die Paarl en glo om besig te bly, hou hom nog jonk van gees en liggaam. Hy was op sy verjaarsdag by die Rusoord-ouetehuis se basaar betrokke en het sy verjaarsdag tussendeur gevier. Hy is al langer as 20 jaar by Helpende Hand betrokke en is ook ’n lid van die plaaslike Helpende Hand-tak. Op die foto ontvang oom Izak ’n geskenk van die Helpende Hand-taklede in die Paarl. Van links is Mariëtte Roos (assistent-streekorganiseerder: Helpende Hand), Therese Holtzhausen (voorsitter van die Helpende Hand-tak in die Paarl) Credit: SYSTEM

Oom Izak vier sy tagtigste op basaar

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article