Donderdag voor Paasnaweek ry die skobbejak MNM-…. ’n Jaguar-motor (ons het fotobewyse hiervan) soos ’n besetene in die Hoofstraat in die Paarl.

Almal kon die voertuig op ’n afstand reeds hoor.

Sulke skobbejakke hoort nie in ons (sogenaamde) rustige dorp nie.

Seker weer van die pendelaars uit ’n ander provinsie wat ons dorp wil kom oorvat.

Hy stel ander onskuldige mense en padgebruikers se lewe in gevaar.

Waar is ons wetstoepassers? Skud seker weer die arme taxi’s wat huis en tuinwerkers vervoer na die paleise van sulke skobbejakke. Stop ’n slag sulke voertuie ook en plaas hulle agter tralies asseblief.


FJ,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article