Mense van verskeie klubs speel gereeld hier by Solomons- en Harperstraat netbal.
Alles goed en wel, almal geniet dit, maar dit ontaard in ’n dans-kompetisie met groot en harde musiekbokse, okkapyp- en daggarook-contest, en ’n drinkery.
En dit alles terwyl daar netbal gekyk word.
Somtyds breek bakleierye ook uit en die mense bemors die gebied verskriklik. Weinig maak skoon en daar is nooit êrens gesien dat die munisipaliteit hier kom skoonmaak nie. Ek weet nie wanneer laas het munisipale werkers hier kom skoonmaak nie, ek weet, ek woon daar naby.
Ons mense hier is moeg, siek en sat van kerm en praat oor die probleem en die munisipaliteit doen niks nie. Kom kyk maar self, seeing is believing.




