Sewe mense is die afgelope naweek in twee afsonderlike motorongelukke – albei naby Bovlei Kelder in Wellington – beseer. In die een ongeluk Saterdag (27 Januarie) is al vyf insittendes ernstig beseer toe die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het. Die insittendes is almal per ambulans na die Paarl-hospitaal vervoer. In ’n ander ongeluk, ook naby Bovlei Kelder, het ’n voertuig Sondag (28 Januarie) op sy dak beland. Twee van die drie insittendes is beseer, het kol. Johan Barkhuizen, ’n woordvoerder van die Wellington-polisie, aan Paarl Postbevestig. Hulle is ook in die Paarl-hospitaal opgeneem.Foto: Verskaf


Ongelukke by Bovlei

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article