Die polisiewoordvoerder kapt. Louise du Plessis bevestig die ondersoek na Karmen Malan se gruwelmoord op 21 Januarie duur steeds voort.
Malan is vermoedelik met ’n hamer vermoor. Haar lyk is later die Saterdagaand deur familie in haar huis in Joubertstraat, Sentraal-Paarl, aangetref.
Soos Paarl Post voorheen berig het, het familielede die 65-jarige se lyk omstreeks 21:30 daardie Saterdagaand aangetref te midde van ’n soektog nadat haar tuinwerker haar vroeër die dag nie in die hande kon kry nie.
Du Plessis sê met die aankoms van die polisie op die bebloede toneel is Malan se lyk met ’n oop kopwond in ’n slaapkamer gevind.
Malan was in haar nagklere geklee en is in ’n byna biddende posisie met ’n skootrekenaar op haar skoot aangetref.
Du Plessis het vroeër bevestig dat die ondersoekbeampte van die Paarl-polisie ’n hamer as die moontlike moordwapen identifiseer het.





