’n Wellington is Maandag affekteer deur ’n onbeplande kragonderbreking. Eskom is besig om die probleem te herstel. Ter illustrasie.Foto: Unsplash

Credit: SYSTEM

Wellingtonners is Maandag (16 Januarie) vir ure sonder elektrisiteit gelaat te midde van die kwik wat hoog gestyg het deur die dag.

Volgens Drakenstein-munisipaliteit het Eskom hulle vroeër ingelig oor ’n onbeplande kragonderbreking wat dele van Wellington affekteer. Eskom gee tans aandag aan die probleem en die geskatte hersteltyd sal vanaand tussen 18:30 en 19:00 wees het Drakenstein op hul Facebook-blad laat weet.

“Drakenstein-munisipaliteit kan bevestig dat Eskom ingestem het om nie beurtkrag vanaf 22:00 tot middernag vanaand te implementeer in die Wellington-gebiede wat deur ‘n huidige onbeplande kragonderbreking geraak word nie.”

Intussen het Eskom ook aangekondig dat vlak 4 beurtkrag Dinsdag geïmplementeer sal word tussen 05:00 en 16:00. Vlak 5 sal daarna volg vanaf 16:00 tot 05:00 Woensdagoggend.

  • Residents from Wellington were left without electricity for hours on Monday (16 January) amid very hot weather throughout the day.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article