Olivia Hendrick van die Paarl het onlangs haar Protea-kleure vir veerpyltjies ontvang. Dit is vir haar ’n groot oomblik aangesien dit die tweede keer is dat sy haar nasionale kleure verdien. Hendrick het in 2017 ook die geleentheid gehad om die land by die Wêreldbeker in Japan te verteenwoordig. Sy sien daarna uit om Suid-Afrika weer eens by die Wêreldbeker volgende jaar in Denemarke te verteenwoordig. Hendrick is een van vier vroue en vier mans wat namens Suid-Afrika aan die reeks gaan deelneem.

Credit: SYSTEM

Olivia weer na Wêreldbeker

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article