Die Laerskool Noord-Eind is baie trots op sy o.13-seunsaflosspan, wat die afgelope naweek ’n nuwe rekord by die Boland-atletiekbyeenkoms opgestel het. Die span het ’n tyd van 49,24 sek aangeteken. Agter is Chergeo Fransman. Voor, van links, is Jayden Small, Zackery September en Chesvigo Brown.