Tienduisend nuutaangestelde polisiebeamptes het einde verlede jaar in die Wes-Kaap uitpasseer.
Die nuwe manne en vroue in blou is slaggereed om misdaad in die provinsie te help hokslaan.
Die Daljosafat-stadion in die Paarl was een van ’n paar venues waar uitpasseringsparades van die nuwe konstabels plaasgevind het.
Van die nuwe beamptes is in die feestyd na verskeie plaaslike polisiekantore hier in die Drakenstein ontplooi.
Verder het van die konstabels ook by die polisie se eenheid vir openbare orde (Pops) aangesluit.
Die konstabels is intussen weg van die plaaslike polisiekantore om verdere opleiding te ontvang.
- Ten thousand newly appointed police officers passed out in the Western Cape at the end of last year. The new men and women in blue are ready to curb crime.





