Volgende week is ’n groot week ter ere van een van Suid-Afrikaanse rugby se eertydse groot rugby-administrateurs.

Die Cuthbert Loristan-rugbytoernooi vind Saterdag 18 Mei by Dal Josafat-stadion om 16:00 plaas wanneer Young Peoples en Scottsdene mekaar die stryd aansê.

Die toernooi ter ere van Loristan is gister (15 Mei) op die Welbedacht-wynlandgoed in Wellington bekendgestel.

Loristan, ’n Paarliet wat ook by die Noorder-Paarl Hoërskool skoolgehou het, was die eerste president van die destydse Suid-Afrikaanse Rugby en Voetbal Federasie (SARFF), wat gevorm is om onder meer “kleurling”-rugbyklubs in die dae van die Apartheidsregime te verteenwoordig.

Loristan het nou saamgewerk met dr. Danie Craven, destyds president van die Suid-Afrikaanse rugbyraad (SARB), wat een van die vernaamste dryfkragte agter die strewe was om “bruin rugby” onder die SARB in te sluit.

Loristan het hom beywer ??vir ’n Suid-Afrikaanse “kleurling”-rugbyspan, wat later as die Proteas bekendgestaan het. Hy het ook die eerste Protea-toere teen die Britse Leeus, Australië en Engeland bewerkstellig. Hieroor het hy selfs doodsdreigemente ontvang.

Loristan is in 1986 oorlede.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article