Die nuwe kliniek in Gouda sal sy deure vir die gemeenskap aanstaande jaar open.Foto: Samuel Walters


Inwoners van Gouda kan uitsien na die nuwe kliniek wat sy deure aanstaande jaar sal open.

Sandra Maritz, ’n woordvoerder van die Kaapse Wynland se departement van gesondheid, sê die nuwe kliniek sal die bestaande Gouda-kliniek vervang.

Volgens Maritz behoort die gebou, waarin die kliniek tans geleë is, aan die Drakenstein-munisipaliteit. Die beplanning van die nuwe kliniek is glo lankal aan die gang nadat die departement die groeiende gemeenskappe en hul gesondheidsbehoeftes, wat van die nuwe fasiliteit gebruik sal maak, in ag begin neem het.

“Ons verwag om die nuwe kliniek in 2023 te open. Dieselfde omvattende pakket van primêre gesondheidsdienste, wat inwoners oor die jare by die huidige Gouda-kliniek ontvang het, sal daar aangebied word.

“Die nuwe fasiliteit bied egter meer ruimte, wat groter gerief vir pasiënte meebring. Die publiek sal op hoogte gehou word van vordering en wanneer dienslewering by die nuwe kliniek sal begin.”. Gouda residents can look forward to their new health services clinic that will open its doors next year.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article